Geweld teen vroue, emosioneel of fisies, gaan dikwels gepaard met afsondering en manipulasie. Die gevolg, is dat hulle dikwels alle kontak verloor met familie en vriende, hulle werk verloor en in afsondering leef. Vanoggend deel ons die storie van een so 'n vrou, wat dit reggekry het om uit die bose kringloop te ontsnap. Marlinee Fouche berig haar boodskap is eenvoudig: Jy is nooit alleen nie...