Die Pa van 'n meisie wat deur 'n ouderling in een van die land se kerke gemolesteer is, vra nou reeds twee jaar lank tevergeefs dat die kerk meer beslissend optree. Die man wat die meisie gemolesteer het, is intussen skuldig bevind aan seksuele misdrywe en is onder huis arres geplaas. Die pa beweer sy dogter is nie die enigste slagoffer nie, en dat die kerk 'n blinde oog gooi op versoeke om die bewering te rapporteer.