Nagenoeg vyf kinder-voetgangers en drie kinder-passasiers sterf elke dag op Suid-Afrika se paaie. Dis volgens padveiligheids aktiviste wat sê dat die daaglikse voorkombare dood van agt kinders kommerwekkend is. Hulle voeg by dat die gebrek aan veilige skolier-vervoer 'n skending is van kinders se grondwetlike reg tot onderrig. In die eerste bydrae van 'n reeks oor veilige skoliervervoer, kyk ons verslaggewer, Jamaine Krige en die negejarige Gale Selebi saam na die statistieke rakende kinders en padgebruik in Suid-Afrika....