Hoewel voorvalle van kindermishandeling nie in die media aan die groot klok gehang word nie, is dit 'n daaglikse realiteit. Die wet vereis dat enigeen wat kennis neem van so 'n voorval moet ingryp. Jy kan egter nie net by iemand se huis instorm, en 'n kind van sy ouers of voog wegneem nie. Marlinee Fouche berig verder dat daar veral omgesien moet word na kinders se geestelike welstand na 'n traumatiese voorval.