Seksuele- en ander trauma laat dikwels permanente emosionele en fisiese letsels agter. Een van hulle, staan bekend as vaginisme. Dis 'n mediese toestand, waar die vrou se vagina onwillekeurig in 'n spasma trek, en enige vorm van penetrasie uiters pynlik maak. Soveel so, dat selfs in-vitro bevrugting onmoontlik is. Uit gesprekke met vroue wat hieraan ly, blyk dit egter dat heelparty dokters nie eens hiervan bewus is nie. Marlinee Fouche het met 'n paartjie gaan praat wat daagliks hiermee gekonfronteer word...