President Cyril Ramaphosa vier vandeesmaand sy eerste jaar as ANC-president. Hy is op 18 Desember verlede jaar by die ANC se 54ste verkiesingskonferensie met 'n skrale meerderheid oor Nkosazana Dlamini-Zuma tot die posisie verkies. Hoewel dit nog twee maande sou neem voordat hy as President by Jacob Zuma oorgeneem het, het die land reeds in daardie stadium 'n magdom verwagtinge aan hom gestel. Izak du Plessis en Suzanne Paxton neem Ramaphosa se eerste jaar in oënskou....