'n Nuwe venster is oopgemaak in die sterrestelsel. Dit is die mening van Professor Sergio Colafrancesco van die Universiteit van die Witwatersrand. Navorsers van die universiteit het vir die eerste keer ooit die voorreg gehad om elektromagnetiese straling, wat verbind word met gravitasie golwe wanneer twee massiewe neutronsterre saamsmelt, waar te neem en op te neem . Dit het die wetenskap-wêreld behoorlik aan die gons en Colafrancesco het die rede vir die opgewondhenheid aan Hanri Wondergem verduidelik.