Die ANC in KwaZulu-Natal het 'n herrie ontketen met sy planne om nie meer Indiërs en Bruinmense as begunstigdes van swart ekonomiese bemagtiging (SEB) te erken nie. Sihle Zikalala, ANC-voorsitter en LUR vir ekonomiese sake, toerisme en omgewingsake in die provinsie is aan die voorpunt van die ongewilde plan. Kenners in die betrokke minderheidsgroepe sê egter die plan is kortsigtig en ongrondwetlik.