Johannesburg is Afrika se geliefde toerisme bestemming stad. Kaapstad trek die buitelanders, maar die Goudstad is die metropool van keuse vir ander Afrikane. Die hoof van Besigheidsonwikkeling by Mastercard Suid-Afrika, Anton van der Merwe, sê die Goudstad het verlede jaar 4,6 miljoen oornag besoekers gelok. Dit is die vierde agtereenvolgende jaar dat Johannesburg so goed vaar, met Kaapstad in die tweede posisie gevolg deur Lagos, Casablanca en Kairo.