Sowat 630 000 matrikulante skryf vandag eksamens. Maar van die byna 66 000 kandidate in die Wes-Kaap is bekommerd, dat hulle nie betyds gaan wees nie. Die meeste van die leerlinge maak daagliks van openbare vervoer gebruik. Die Departement van Onderwys sê geen student wat 'n uur laat kom, sal in die eksamen-lokaal toegelaat word nie, en sal eers vir die aanvullende eksamen in aanmerking kom. Die eksamen het gister met die nie-amptelike tale begin.