Die voormalige Gautengse LUR vir Gesondheid se beweerde akademiese verpligtinge word met agterdog bejeën. Daar is wyd berig dat Qedani Mahlangu nie spoedig kan getuig voor die Life Esidimeni Arbitrasie proses nie, omdat sy akademiese verpligtinge by die London School of Economics and Political Science in Engeland het. Die Mail & Guardian se gesondheids-joernalistiek-sentrum, Bhekisisa, het egter bewys dat sy nie 'n student daar is nie, soos Hanri Wodergem berig.