Daar word verskeie planne met water gemaak, maar dit beteken nie dat Kapenaars nou 'n verskoning het om meer water te gebruik nie. So verduidelik die burgemeester van Kaapstad, Patricia de Lille. Die gemiddelde damvlak in die Wes-Kaap is op die oomblik 36,3%, waar dit verlede jaar 61% was. De Lille het aan Melissa Tighy vertel dat 'n ontsoutingsaanleg reeds in Februarie twee miljoen liter water per dag aan die stad sal verskaf.