Minstens agt ontsoutingsaanlegte sal al langs die Kaapse kus gebou word. Dit sluit in by Houtbaai, Strandfontein, Monwabisi en die Kaapse Hawe. Maar wat is die omgewingsimpak van 'n ontsoutingsaanleg? Die departementshoof by die Departement Siviele Ingenieurswese by die Universiteit Stellenbosch, Professor Kobus du Plessis sê dit is waarom behandeling van die stowwe wat gebruik word, so belangrik is.