Die Nelson Mandela-stigting het 'n kat in die duiwehok gegooi deur 'n oproep dat die ou Suid-Afrikaanse vlag verbied word - en dit weens die verdeling wat dit dikwels veroorsaak. Maar is dit die beste wyse om verdelende simbole uit die verlede te hanteer? Die uitvoerende hoof van die Instituut vir Geregtigheid en Versoening, Stan Henkeman, en die sanger, akteur, skrywer en sosiale aktivis Steve Hofmeyr, praat hieroor.