Die minister van Finansies, Malusi Gigaba, sê President Jacob Zuma het 'n ondersoek na die Suid-Afrikaanse Inkomstediens goedgekeur. 'n Afgetrede regter sal die ondersoek na die onderverhaling van belastinginkomste lei. Gigaga sê die kommissaris van die Inkomstediens, Tom Moyane, is oor die ondersoek ingelig en het onderneem om sy samewerking te gee. Ons praat met 'n ekonoom by Rebalance Fund Managers, Dr Chris Harmse.