Die migrante-kwessie wek toenemend kommer onder heelparty inwoners van Europa. Baie is onder meer ongelukkig dat migrante onderhou word deur belastingbetalers se geld, terwyl ander verdere terreuraanvalle vrees. Marlinee Fouche berig dat juis die kwessie tweespalt onder burgers van Denemarke veroorsaak . Sy het met 'n Deense vrou, Marie Reiter, gepraat oor haar ervaring as vrywilliger wat met Siriese vlugtelinge werk.