Presies 'n maand van vandag af sal Suid-Afrikaners weet wie die ANC se nuwe leier is - dr. Nkosazana Dlamini-Zuma of Cyril Ramaphosa of 'n buiteperd soos dr. Zweli Mkhize. Sommige waarnemers meen Ramaphosa loop gerieflik voor, en dat Dlamini-Zuma se veldtog stoom verloor. Is dit die geval? Dis die vraag wat Monitor aan een van Dlamini-Zuma se grootste ondersteuners, Carl Niehaus van die MK Militêre Veterane vereniging gestel het.