Brian Molefe, die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, se skielike aanstelling as deel van 'n poel van spesialiste wat die weermag met navrae help het baie vrae laat onstaan. Molefe het onder 'n wolk verlede jaar uit Eskom bedank, en is toe later as LP ingesweer, waar hy ook later bedank het. Advokaat Pikkie Greeff, die nasionale sekretaris van die militêre vakbond Sanwu, sê hulle raadpleeg hul regspan oor Molefe se aanstelling.