Drie Desember 1967 sal vir altyd onthou word as die dag waarop 'n Suid-Afrikaner die wêreld verstom het. Dr Chris Barnard het op die dag die eerste wetenskaplike geword om die hart van 'n mens suksesvol oor te plant. Maar die merkwaardige gebeurtenis het nie sonder sy kwota politiek gepaard gegaan nie, sê Marina Joubert, 'n navorser in wetenskapkommunikasie aan die Universiteit Stellenbosch.