Die inhegtenisname van die Nigeriese pastoor, Timothy Omotso het groot belangstelling gewek. Die valke het hom in hegtenis geneem op aanklag van onder meer mensehandel, seksuele aanranding en verkragting. Die selferkende profeet en leier van die "Jesus Dominion International Church" is reeds maande in aanhouding nadat twee borgaansoeke onsuksesvol was weens die aard van die aanklagte. Hy staar 48 klagtes in die gesig. Veronica Fourie vat die saak saam.