Selfone en selfs slimfone word deur miljoene Suid-Afrikaners gebruik in plakkerskampe, middelklaswoongebiede en luukse huise. Die fone en gepaardgaande sosiale media netwerke verbind so baie mense dat 'n organisasie die tegnologie gebruik om mense regte te beskerm. Amandla.mobi is 'n selfoon-gebaseerde platform wat mense in verbinding hou met mekaar oor kwessies soos misdaad en werkloosheid. In die proses maak Amandla.mobi ook gevaarlike vyande, soos Darren Taylor berig.