'n Nuwe studie aan die Universiteit Stellenbosch het bevind dat net 'n derde van Kapenaars voedseletikette van produkte lees om voedselinligting te bekom. So wat is die dryfveer agter die Kapenaars se koopkrag? Hanri Wondergem het met Dr. Nelene Koen, 'n dosent in die afdeling Menslike Voeding by die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe aan die universiteit gepraat om agter die kap van die byl te kom.