Vir meer as twee dekades het Suid-Afrika wetgewing wat veronderstel is om aborsies wettig en veilig te maak. So hoekom word daar steeds duisende onwettige, onveilige agterstraataborsies gedoen in een van die min lande wat vroue se voortplantingsregte beskerm? Mail and Guardian se Sentrum vir Gesondheidsjoernalistiek, Bhekisisa, het die vraagstuk by 'n werkswinkel in Johannesburg gepak. Hanri Wondergem was daar.