Die departement van Landbou, Bosbou en Visserye slyp sy tande teen sindikate in die vissersbedryf. Amptenare in bestuursposisies van die departement se Vissery-tak, moet nou veiligheidsklaring kry. Dit volg na die inhegtenisname van nege amptenare wat verbind word met onwettige perlemoenhandel. Marlinee Fouche berig die departement het hom na staatsintelligensie gewend om amptenare se agtergronde te ondersoek...