'n Merino skaapboer van Smithfield in die Vrystaat, Eddie Prinsloo, sê hy het besluit om een van sy plase aan die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming te verkoop, wat dit vir die plaaswerkers gekoop het. Prinsloo het 'n vennootskap met nege van sy plaaswerkers begin in die eerste landelike ontwikkeling projek in die provinsie waar plaaswerkers volle titelaktes sal ontvang. Vincent Mofokeng doen verslag.