Mense wat deur vorige regeringsbeleid met betrekking tot grondbesit benadeel is, glo vrese vir die ekonomie as so 'n beleid nou weer ingestel word, is net gedeeltelik waar. Norman Makhutle wat deesdae in Noordwes bly, sê sy mense is na 1913 stelselmatig verarm en van hulle grond onteien. Dat regstelling hiervoor moet gebeur deur grond sonder vergoeding te onteien, is vir hom 'n uitgemaakte saak. Metzi van der Merwe doen verslag.