Die Britse openbare skakelgroep Bell Pottinger het 'n senior vennoot afgedank en drie ander werknemers geskors na beskuldigings dat die groep 'n veldtog ondersteun het wat rasseverdeling in Suid-Afrika aangeblaas het. Dit hou verband met hulle hantering van die mynmaatskappy Oakbay se rekening. Oakbay behoort aan die Gupta-familie. Bell Pottinger het ook 'n internasionale regsfirma, Herbert Smith Freehills, aangestel om die Oakbay-rekening te ondersoek. Hendrik Martin het meer besonderhede.