Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, het erken dat sy verkeerd was om die parlement te beveel om die grondwet te verander. Sy sê verder dit was verkeerd van haar om 'n verandering in die reserwebank se mandaat te beveel. Mkwhebane gaan nie die reserwebank se aansoek teenstaan dat haar verslag ongedaan gemaak moet word nie. Tog berig Marlinee Fouche dat Mkhwebane steeds volhou dat haar verslag geldig is.