Die Suid-Afrikaanse joernalis en skrywer, Nathaniel Ndazana Nakasa, beter bekend as Nat Nakasa, is vandag 52 jaar gelede oorlede. Hy het op 14 Julie 1965 sy eie lewe in New York geneem. Nat Nakasa het Suid-Afrika in 1964 verlaat en 'n Nieman-beurs by die Harvard Universiteit aanvaar. Deur dit te doen moes hy onder die apartheidsregering sy Suid-Afrikaanse burgerskap prysgee. Dianke Nel doen verslag.