Ondanks die uitdagings in townships, is daar een jong vrou van Khayelitsha wat vasbeslote is om haar droom te laat realiseer. Kholiswa Ntshinga wou nog altyd 'n rekenaarprogrameerder word. En ten spyte van beperkte toegang tot 'n rekenaar en die internet, berig Joan-Marie Verhoef dat sy goed op pad is om naam te maak as een van Suid-Afrika se vooraanstaande leiers in die tegnologiesektor.