Die Organisasie teen Belastingmisbruik, OUTA, het gister strafregtelike aanklagte teen die Minister van Minerale Hulpbronne, Mosebenzi Zwane, by die Randburg-polisiestasie in Johannesburg ingedien. Die aanklagte sluit in verraad, korrupsie, afpersing, bedrog en diefstal. Die bedryfshoof van OUTA, Ben Theron, sê Zwane is aangestel om die Gupta-familie en hulle sakevennote se belange te beskerm.