Een van die beste Afrikaanse joernaliste ooit. So word wyle Hennie Serfontein beskryf. Serfontein was 'n joernalis en dokumentêre filmmaker wat in die laat jare sestig en sewentig naam gemaak het oor sy berriggewing oor die geheime Broederbond-organisasie. Hy was die skrywer van die opspraakwekkende boek, BROTHERHOOD OF POWER: AN EXPOSÉ OF THE SECRET AFRIKANER BROEDERBOND, wat in 1978 gepubliseer is.