Daar is selfoon-toepassings om byna elke deel van jou alledaagse lewe makliker te maak. Van banksake en klets, tot kos bestel en lewensmaats ontmoet word aanlyn gedoen. Nou kan diegene wat nie groenvingers het nie, 'n toepassing aflaai en 'n toestel aanskaf wat vir jou presies aandui wat jou plant nodig het om aan die lewe te bly. Hanri Wondergem berig dat die produk sonlig, water, bemesting en temperatuur meet. Iets wat handig te pas kom, veral in tye van waterskaarste.