Daar is genadige, vinnige, en pynlose maniere om van rotte en muise ontslae te raak. Dit is die boodskap wat die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaagbeheer wil oordra nadat 'n video, waarin 'n rot gemartel word, diereliefhebbers warm onder die kraag gekry het. Hanri Wondergem het hierdie verslag saamgestel, en ons waarsku dat die grafiese besonderhede sensitiewe luisteraars mag ontstel.