Is Suid-Afrikaners te liggeraak as dit kom by reklameveldtogte, of moet bemarkers meer sensitief wees vir kultuur- en rasseverskille? Dit is van die vrae wat Hanri Wondergem aan 'n kundige gestel het nadat die gort behoorlik gaar was oor 'n twiet deur 'n geselsradiostasie. In die twiet word gevra wie is ouliker - honde of swart kinders? Hanri het die kwessie met die hoofskeppendebeampte van Joe Public United, Pepe Marais, bespreek.