Die minister in die presidensie, Jeff Radebe, het nou ook amptelik sy naam in die hoed gegooi as 'n moontlike kandidaat om pres. Jacob Zuma einde vanjaar as ANC-leier op te volg. Wat is sy kanse teen ander kandidate soos dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, adjunkpresident Cyril Ramaphosa en Speaker Baleka Mbete? Anita Viss en Heinrich Wyngaard praat hieroor met die politieke ontleder en skrywer Max du Preez.