Die MetroFM-aanbieder en skrywer, Rams Mabote, het in 'n artikel geskryf dat skole leerlinge vir 'n diverse samelewing moet voorberei. Dit was nadat hy 'n sportgeleentheid by Helpmekaar Kollege in Johannesburg bygewoon het. Hy sê hierdie skool berei nie sy leerders voor vir 'n diverse samelewing nie. Hy sê hulle word deur 'n kokon van Afrikanerdom beskerm, of dan in Engels: " they are cushioned in a cocoon of Afrikanerdom. They speak the same language, they are all white and they almost look alike. That's the ideal their families and school want for them." Die artikel het baie kritiek ontlok. Vincent Mofokeng het met Helpmekaar se skoolhoof, Claus Koenig, gepraat.