Die vrou van Stephen McGowan, Catherine, sê die herontmoeting met haar man was nie soos dit vir al die jare in haar kop afgespeel het nie. McGowan is vir amper ses jaar deur Al-Kaïda in Mali gyselaar gehou. Die Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Maite Nkoana-Mashabane, het in Pretoria aangekondig dat McGowan op 29 Julie in Suid-Afrika aangekom het. Hy was met vakansie in Timbuktu, toe hy en nog twee mans gevang is. Die een man, 'n Sweed, is sowat 'n maand gelede vrygelaat, en die ander man is vroeër deur Franse soldate bevry. Liela Magnus doen verslag.