67 KOMBERSE VIR NELSON MANDELA het sy jongste poging vir nog 'n wêreldrekord bekendgestel, om Madiba se 100e verjaarsdag volgende jaar te vier. Werk aan die Massiewe Mandela Meesterstuk (MMM) het reeds by die maksimumveiligheidseenheid by die Zonderwater Korrektiewe Fasiliteit, buite Cullinan, begin. Caroline Steyn, die stigter van die projek, sê wanneer hulle klaar is, hulle die grootste portretkombers in die wêreld wil hê. Gevangenes in sowat 100 tronke regoor die land, en gewone landsburgers neem aan die projek deel. Die projek hou reeds die wêreldrekord vir die grootste gehekelde kombers. Liela Magnus doen verslag.