Die internasionale betrekkinge-kenner Dr. Oscar van Heerden maan in 'n artikel op die webwerf Daily Maverick teen 'n reddingsboei van die Internasionale Monetêre Fonds om Suid-Afrika uit sy huidige ekonomiese toestand te lig. Intussen sê die ekonoom, Chris Harmse dat die sogenaamde kapitaal besittingsmagte is gevaarlik, en die vraag wat mens moet vra is: "Wat het aanleiding gegee tot die wêreld se grootste resessie ooit?" Die leen van geld.