Dit gons steeds in omgewingskringe oor die eerste aanlyn-renoster-horing-veiling. Die veiling sou gister begin het, maar is vir eers uitgestel tot Woensdag. Die hoof van die renosterbewaring- bestuursprogram van die Wereld Natuurlewe Fonds, Dr Jo Shaw sê, sy is bekommerd oor die uitkoms van die veiling. Shaw sê sy kan nie anders as om te dink dat die horings op die swart mark gaan verdwyn nie.