Suid-Afrika se netbal-span het Sondag teen Engeland geseëvier, toe die span vir Engeland 54 - 51 geklop het. Engeland is derde op die wêreldranglys, en Suid-Afrika vyfde. Suid-Afrika het ook goed gevaar teen die wêreld se twee beste spanne, Nieu-Seeland en Australië, in die vierhoekige toernooi. Die Proteas het 56 - 63 teen die Kiwis verloor, en 52 - 58 teen Australië. Die skeidsregter-mentor en oud-Proteas speler, Annie Kloppers, sê die jare se hardewerk werf vrugte af...OUTRO: Dit was Annie Kloppers, die skeidsregter-mentor en oud-Proteas speler. Sy het met Vincent Mofokeng gepraat.