Die busongeluk hierdie week op die N3 buite Pietermaritzburg, waarin die lewe van 'n Michaelhouse-leerling geëis is en 45 ander leerlinge beseer is, het herinneringe teruggebring by 'n ouer wat verlam gelaat is in 'n Kaapse busongeluk in 2005. Leerlinge van die Dennegeur Avenue primêre skool in Strandfontein was hierby betrokke. Die ouer, Yulanda Anne Gombard, het met Heindrich Wyngaard gepraat.