Die Suid-Afrikaanse Bedrog Voorkomingsdiens het 'n nuwe manier om bedrog by inbel-sentrums, die stryd aan te sê. Hulle nuwe wapen is die skep van 'n stembank, wat die skakelpersoon inlig wanneer iemand hulle kontak en maak of hulle iemand anders is. Marlinee Fouche berig die stelsel gaan oor die volgende 6 maande deur spesifieke maatskappye getoets word, waarna dit landwyd in gebruik geneem kan word.