Oorlewendes en families van slagoffers van die 1992 Bisho slagting sê daar is nog nie veel gedoen om hulle te help nie. Hulle dring aan op behuising en beurse vir kinders asook werksgeleenthede. Dit was gister die 25e herdenking van die tragedie. 28 Betogers en een soldaat is dood toe die destydse Ciskei verdedigingsmag en betogers, wat aan 'n optog vir politieke vryheid deelgeneem het, slaags geraak het. Hanri Wondergem berig.