Ekonome meen dat gerugte oor 'n moontlike kabinetskommeling, beleggersvertroue in die land sal knou. Hoewel kredietgraderingsagentskappe aangedui het dat hulle eers die land se gradering na die Medium Termyn Begrotingsraamwerk Toespraak in Oktober, en die ANC se verkiesingskonferensie in Desember sal hersien - is daar kommer dat 'n kabinetskommeling 'n vroeëre hersiening kan noodsaak. Vir meer hieroor het Heindrich Wyngaard met 'n ekonoom by die Buro vir Ekonomiese Ondersoek, Hugo Pienaar gepraat.