'n Jong Oos-Kaapse kunstenaar gebruik die vloeibare medium van kersrook om vroue se gesigte in 'n vlietende oomblik vas te vang. Dit is glo om hulle skoonheid uit te beeld, maar ook om mans te inspireer om vroue te respekteer en hulle broosheid beskerm. Die 22-jarige Anathi Elpee Nkanyuza, sê vroue is van die weerlooste mense in die land. Hy studeer deeltyds siviele ingenieurswese, maar sy passie is kuns. Nkanyuza het geen formele kunsopleiding nie. Hy sê hy het op rookverf afgekom toe hy 'n medium gesoek het wat hom sal uitdaag. Liela Magnus doen verslag.