Verskeie Amerikaners wat gekies het om uit die deelstaat, Florida te vlug voor die tropiese sikloon Irma, kon dit nie maak tot buite die staat nie, omdat hulle nêrens brandstof kon kry nie. Dit is een van die redes hoekom Anja Marais, 'n Suid-Afrikaner in die land, besluit het om eerder in Miami te bly. Marlinee Fouche berig dat heelparty mense intussen uit gebiede soos Key West gevlug het na die land se weskus, maar dat die storm juis daar getref het.