Die hofbeslissing dat die verkiesing van die huidige ANC-leierskap in KZN onwettig was, het verskeie implikasies vir die regerende party. Intussen het die President se betwyfeling van die Openbare Beskermer se reg om aan te beveel dat die hoofregter Mogoeng Mogoeng self 'n regter moet aanstel vir die ondersoek na staatskaping, ook gister in die hof gedien. Monitor praat hieroor en verwante kwessies met die politieke en beleidsanalis van die Noordwes-universiteit se besigheidskool Theo Venter en die politieke kommentator dr. Piet Croucamp.