Dokters Sonder Grense het 'n dringende beroep gedoen op die regering van Myanmar om toegang tot die land te kry. Duisende mense kry nie die nodige mediese hulp waarop hulle, volgens die organisasie, geregtig is nie. Duisende Rohingya Moslems uit Myanmar se Rhakine Staat, vlug daagliks na Bangladesh om te ontsnap van die geweld wat teen hulle gepleeg word. Marlinee Fouche berig dat mense uitgeput, siek en beseer by Dokters Sonder Grense aanklop vir hulp. Sy het met Dokters Sonder Grense se Senior Diplomatieke- en Beleidsraadgewer, Jens Pederson, gepraat.